Twitter The Herald La Femme Weekend Post News Feed News Break
Sunscribe to The Herald Port Elizabeth eEdition Online News
Breaking News Special Reports Latest Galleries Lifestyle Service Directory Classifieds

Stawwe rit daag gesoute ruiters uit


Posted : 20 April 2012
DIE afgelope Paasvakansie is ‘n uithourit vir perde en ruiters die eerste keer deur die Baviaanskloof aangebied.
Ongeveer 34 perderuiters, van die Wes-, Suid- en Oos- Kaap het oor ses dae van 24 tot 29 Maart die eerste Baviaansperderit van ongeveer 260km afgelê.
Die roete het van Kareedouw oor die Kougaberge, deur Nooitgedacht tot in die Baviaanskloof naby Studtis gestrek.
Ruiters en perde is op die derde dag oor die Baviaansberge tot in die Steytlerville- distrik deur die Grootrivierpas via Cambria na Patensie tot onder die Kouga- damwal. Die laaste dag is die tog deur die Kossenkei-gebied na die Zuurveld tot op die Soloko-wildplaas naby Kareedouw aangepak.
Die organiseerder, Herclé van Huyssteen, sê dit was die eerste keer dat dié diverse en strawwe perdetog aangepak is.
Van die gesoute ruiters het gesê dit was van die strafste perderitte vir perd en ruiter, maar almal was dit eens dat dit ‘n uitsonderlike mooi en unieke belewenis was.
Die ruiters het deur sewe van die agt natuurlike plantegroei-biome van Suid Afrika beweeg, so na aan die natuur as moontlik geleef en van die uniekste bergpaaie met asemrowende uitsigte gery.
‘n Grondspan van die ereveldwagters van Sanparke in die Tsitisikamma het met vier voertuie en sleepwaens die ruiters en perde ondersteun. Hulle het soggens en saans etes op die roete voorsien en ‘n snoepie beskikbaar gestel om geld in te samel vir die werk in die Tsitsikamma Nasionale Park.


Recent Articles

Vallei rou na dood van gewilde boer Guardian angels look out for furry friends Lifeguards skills to help youth
Media Center
Visit Our Youtube Channel
Browse Blog Categories
hard news sport social columns schools
Archives for this Blog
Comment on this article via Facebook
The Herald Port Elizabeth - Inspired by Times Media Group The Herald Port Elizabeth Digital Media & Marketing Association

All material copyright The Herald. © Times Media Group. All Rights Reserved.

Subscribe | Terms & Conditions | Privacy Policy | News | Archives | Events | Blogs | Classifieds | About Us | Jobs | Herald Rates | WeekendPost Rates

Website development and design by Online Innovations