Maggie White
DAAR word opwindende nuwe dinge by Potter’s Place beplan.
Die eerste projek, iCan, is ‘n gemeenskapsteater met ‘n verskil. Die eerste optrede is op Donderdag 10 Mei en toegang is gratis.
Die organiseerders is op soek na almal wat dink hulle kan iets goed doen. Al is dit musiek, dans, sing, saag speel, voorlees – enigeen met talent, kan inskryf.
Deelnemers sal gekeur word. Inskrywing is R100 – wat afrigting insluit. Inskrywingsvorms is by Potter’s beskikbaar of op hulle webblad
www.pottersplace.co.za
Indien jy dink jy het ‘n besondere talent, gaan skryf dadelik in vir Potter’s se iCan-teater!
Die tweede projek is ‘n aanbieding vir pensioenarisse. Franz Geldenhuys gee Koos du Plessis se musiek weer lewe met sy vertoning, Die Wêreld is Oud, op 26 April, spesiaal vir Kouga se pensioenarisse. Kom luister na Koos se storie. Dis ‘n diep storie van ‘n ou siel! Koste is R50pp en sluit ‘n ete in.
Die gemeenskaps- asook die pensioenaris-teater word op ‘n maandelikse basis beplan.
Kontak Potter’s by (042)293-2500.