Twitter The Herald La Femme Weekend Post News Feed News Break
Sunscribe to The Herald Port Elizabeth eEdition Online News
Breaking News Special Reports Latest Galleries Lifestyle Service Directory Classifieds

St Thomas beste in O-K


Posted : 24 May 2012
Tremaine van Aardt

’n SPANNETJIE wetenskap-leerlinge van die Hoërskool St Thomas in Gelvandale wat vir ’n kompetisie ingeskryf het om bietjie blootstelling te kry, het tot hul groot verbasing al die ander skole in die Oos-Kaap in die goud-kategorie in die Mintek-wetenskapkompetisie vir skole geklop.

Dit is op 10 Mei by die NMMU gehou.

St Thomas en Sanctor was die enige twee skole van die noordelike gebiede wat deelgeneem het. Die drie deelnemers van St Thomas – die onderhoofmeisie Humairo Futaar, hoofmeisie Tazminne Jansen en Cornell Titus – sê hulle het nooit verwag om te wen nie.

"Ons het nie eintlik vir die kompetisie voorberei nie. Ons het dit net as ’n geleentheid beskou. Daarom was ons baie ontspanne, kon helder dink en mekaar ondersteun,” vertel hulle.

Nadat hulle die hoogste punte in die geskrewe toets behaal het, het hulle na die mondelinge vasvrae deurgedring om met die hoërskole St Andrews, Lawson Brown, St Matthews en Matipeti Sani te wedywer.

St Thomas se hoof, Christopher de Doncker, sê dat hy is baie trots op die leerlinge. Hy sê die geld wat hulle met die kompetisie gewen het, sal die skool baie help.

"Ek het ’n oproep gekry om te sê ons span het gewen. Ek was baie gelukkig en trots op ons leerlinge.

"Ons gaan die R1400 wat hulle gewen het, weer in die wetenskapdepartement belê. Ons wil toerusting en gassilinders vir die wetenskapklaskamer koop,” het De Doncker gesê.

Die wetenskaponderwyser, Regardo Jonus, sê alle eer vir die kompetisie hoort by die leerlinge. Hy sê hy het maar net gedoen wat hy gewoonlik doen en skryf hul sukses aan hul spanwerk toe.

"Die vrae wat in die kompetisie gevra is, is op die skoolsillabus gegrond. Ons het regtig niks spesiaals ter voorbereiding van die kompetisie gedoen nie. Dit was die span se goeie verstandhouding wat ons ’n hupstoot gegee het.

"Hulle het mekaar vertrou en ondersteun. As een van hulle geglo het hulle ken die antwoord, het die ander hul vertroue daarin geplaas. Dít is wat op die ou end gewerk het.”


Recent Articles

NPO lends a hand Feeding the hungry daily Fundraising shop opens its doors
Media Center
Visit Our Youtube Channel
WETENSKAPLIKE WEN: Die span van die Hoërskool St Thomas wat die Mintek-wetenskapkompetisie vir skole gewen het (van links) Cornell Titus, 17, Humairo Futaar, 17 en Tazminne Jansen, 18, by hulle wetenskap-onderwyser, Regardo Jonus en skoolhoof Christopher de Doncker Foto: TREMAINE VAN AARDT
Browse Blog Categories
News Sport Letters Columns Entertainment Contact Us Walmer Sun Motherwell Sun Northern Sun Western Sun
Archives for this Blog
Comment on this article via Facebook
The Herald Port Elizabeth - Inspired by Times Media Group The Herald Port Elizabeth Digital Media & Marketing Association

All material copyright The Herald. © Times Media Group. All Rights Reserved.

Subscribe | Terms & Conditions | Privacy Policy | News | Archives | Events | Blogs | Classifieds | About Us | Jobs | Herald Rates | WeekendPost Rates

Website development and design by Online Innovations