Twitter The Herald La Femme Weekend Post News Feed News Break
Sunscribe to The Herald Port Elizabeth eEdition Online News
Breaking News Special Reports Latest Galleries Lifestyle Service Directory Classifieds

Skilder glo kuns kan ander ook help ophef


Posted : 24 May 2012
Tremaine van Aardt

MICHAEL BARRY is ’n naam wat al die hele wêreld vol in die kunskringe getoer het. Barry se kuns is die rede waarom dié talentvolle skilder is waar hy vandag is. Hy wil nou dieselfde geleentheid aan die jeug van die noordelike gebiede gee om vooruit te kom in die lewe.

Hy is deesdae verbonde aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit se departement van kuns en kultuur. Hy het ’n honneursgraad in kuns aan die Universitiet van Kaapstad behaal en is toe terug Parkside toe waar hy as kunsonderwyser by St Thomas in 1986 aangestel is.

Barry sê kuns was nog altyd deel van sy lewe, maar hy moes harde bene daarvoor kou.

"Ek moes as ’n keteloppasser op die bote van Safmarine werk om geld te kry om te studeer. Dit was harde werk, maar ek sou enigiets doen vir kuns,” sê Barry.

Barry se skilderye reis deesdae die wêreld vol waar dit onder meer in galerye in Londen en die VSA vertoon word saam met ander bekende kunstenaars – onder meer George Pemba wat ook sy wortels in die Baai gehad het.

Barry is ook by gemeenskapsprojekte betrokke soos die Northern Areas People’s Development Initiative (Napdi) en die kunsonderwysersinisiatief.

Hy sê hy fokus nou op die noordelike gebiede se geskiedenis-enerfenisprojek. Dit boekstaaf wat in die oproer in 1990 in die noordelike gebiede gebeur het. Hulle wil ook ’n kunsonderwyser by St Thomas Hoërskool aangestel kry.

"Kunstenaars in die noordelike gebiede vind dit baie moeilik om erkenning vir hul werk te kry. Daar is ook baie kunstalent hier.

"Ons het die geriewe by St Thomas. Daar is ’n ten volle toegeruste kunskamer by die skool – al wat ons nodig het, is ’n kunsonderwyser wat deur die staat betaal moet word.”

"Maar die onderwysdepartement wil nie die inisiatief neem om iemand aan te stel nie. Ons kan die gemeenskap ophef deur kuns of liewers deur die psigologie van kuns,” sê Barry.

Maar die pa van een seun, Mikale, wat al 30 jaar met Merilyn getroud is, se talente strek veel verder as skilder.

Musiek is ook in sy bloed – hy was op sy dag die baskitaarspeler vir die Vlakkies Blues Band en sanggroep wat in die jare negentig prominent was.


Recent Articles

World Autism Day came early New kitchen for Walmer's favourite aunt Choose the perfect pet for your family
Media Center
Visit Our Youtube Channel
TALENT: Skilder Michael Barry van Parkside besig met ’n skildery wat soos sy ander werk moontlik oorsee pad sal kry Foto: BRIAN WITBOOI
Browse Blog Categories
News Sport Letters Columns Entertainment Contact Us Walmer Sun Motherwell Sun Northern Sun Western Sun
Archives for this Blog
Comment on this article via Facebook
The Herald Port Elizabeth - Inspired by Times Media Group The Herald Port Elizabeth Digital Media & Marketing Association

All material copyright The Herald. © Times Media Group. All Rights Reserved.

Subscribe | Terms & Conditions | Privacy Policy | News | Archives | Events | Blogs | Classifieds | About Us | Jobs | Herald Rates | WeekendPost Rates

Website development and design by Online Innovations