Dié stortingsterrein, wat op 30 Mei gesluit is toe daar met die opgradering begin is, behoort teen die einde van dié week weer oop te wees vir gebruik, volgens die munisipale woordvoerder Kupido Baron.
Raadslede Shirley Sauls, Margaret de Andrade en Werner Senekal sê hulle het talle klagtes oor die vullishoop van inwoners in wyke 12 en 39 ontvang.
"Daar is onder meer nou 'n heining om die vullishoop opgerig,” het Senekal gesê.
Volgens hom was die vullishoop 'n groot gemors – rommel het oor die hele wêreld besaai gelê en dit moes eers opgeruim word.
"As gevolg van 'n plakkerskamp net oorkant die vullishoop, is daar ook probleme met misdaad,” het Sauls bygevoeg.
De Andrade het mense wat die vullishoop gebruik, gevra om die reëls in die toekoms na te kom sodat die vullishoop nie weer in so 'n gemors ontaard nie.
"Ons doen 'n dringende beroep op inwoners om die regte prosedures te volg as hulle van die vullishoop gebruik maak.”
All material copyright The Herald. © Times Media Group. All Rights Reserved.
Subscribe | Terms & Conditions | Privacy Policy | News | Archives | Events | Blogs | Classifieds | About Us | Jobs | Herald Rates | WeekendPost Rates
Website development and design by Online Innovations